Kampioenetrofee 2004

Kampioenetrofee 2004
Datums 10 September – 25 September
Bestuurder Internasionale Krieketraad (IKR)
Krieketformaat Internasionale eendagkrieket (EDI)
Toernooiformaat Groep- en uitklopfase
Gashere Vlag van Engeland Engeland
Kampioen Vlag van Wes-Indië Wes-Indië (1ste titel)
Naaswenner Vlag van Engeland Engeland
Deelnemers 12
Wedstryde gespeel 15
Speler van die reeks Vlag van Wes-Indië Ramnaresh Sarwan
Meeste lopies Vlag van Engeland Marcus Trescothick (261)[1]
Meeste paaltjies Vlag van Engeland Andrew Flintoff (9)[2]
2002
2006

Die Kampioenetrofee 2004 (Engels: 2004 ICC Champions Trophy) is van 10 tot 25 September 2004 in Engeland beslis. Dit was die vierde Kampioenetrofee in EDI-krieket wat deur die Internasionale Krieketraad (IKR) aangebied is.

Die toernooi se formaat van 2002 het onveranderd gebly en twaalf nasionale krieketspanne het aan die Kampioenetrofee 2004 deelgeneem: Die destydse tien toetskrieketlande (Australië, Bangladesj, Engeland, Indië, Nieu-Seeland, Pakistan, Sri Lanka, Suid-Afrika, Wes-Indië en Zimbabwe) saam met die assosiaatlede Kenia en die Verenigde State. Die spanne is in vier groepe van drie elk verdeel, waarvan elke span een keer teen al die ander spanne van die groep gespeel het. Die beste span van elke groep het hierna vir die halfeindrondte gekwalifiseer en die wenners het mekaar in die eindstryd ontmoet.

Australië, Engeland, Pakistan en Wes-Indië het vir die halfeindrondte gekwalifiseer. Engeland het Australië en Wes-Indië het Pakistan geklop, waardeur Engeland en Wes-Indië in die eindstryd ontmoet het. In die eindstryd op The Oval het Wes-Indië die gasheer met twee paaltjies verslaan en sodoende sy eerste internasionale kriekettitel sedert die Krieketwêreldbeker 1979 ingepalm. Die verdedigende medekampioene Indië en Sri Lanka asook Suid-Afrika is reeds in die groepfase uitgeskakel.

  1. (en) "Records in ICC Champions Trophy, 2004 – Most Runs". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.
  2. (en) "Records in ICC Champions Trophy, 2004 – Most Wickets". ESPNcricinfo. Besoek op 25 Junie 2023.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search